Hieronder 'n aanduiding van die koste van die verskillende dienste wat ons lewer. Kontak ons met meer inligting indien u 'n kwotasie verlang.
Hierdie ooreenkoms bevat belangrike kontraktuele regte, obligasies en voorwaardes tussen u, die gebruiker en marulaweb.co.za. U aanvaarding van die terme van hierdie ooreenkoms word verlang voordat hierdie webtuiste gebruik word. Waar die term "marulaweb.co.za" in hierdie ooreenkoms gebruik word, word verstaan dat dit die domain, die webblad, asook enige sub-domains insluit wat verband hou met marulaweb.co.za
Gebruik:
Enige gebruiker sal wanneer hy hierdie webblad gebruik, vir watter rede ookal, hom aan hierdie voorwaardes onderwerp en dit so aanvaar. Die marulaweb.co.za webblad is ontwikkel met die uitsuitlike doel om inligting aan te bied. Niks in die marulaweb.co.za webblad moet beskou word as enigiets anders as 'n bron van inligting nie.
As 'n reel sal marulaweb.co.za nie enige offensiewe inligting publiseer nie. Ons kan egter nie waarborg dat al die inligting wat ons of ander partye, of webtuistes van ander partye waarna in hierdie webblad verwys word, te alle tye vry van offensiewe inligting sal wees en sensitiewe gebruikers mag afronteer nie. Gebruikers, deur die webblad te gebruik, vrywaar marulaweb.co.za, sy eienaars, agente en werknemers van enige eise van watter aard ookal.
As gebruiker onderneem en aanvaar u dat u hierdie webblad op eie risiko gebruik. Terwyl marulaweb.co.za alle redelike voorsorg getref het om te verseker dat die webblad vry is van virusse van watter aard ookal, kan daar en word daar geen waarborge voorsien tot dien effek nie.
Intilektuele eiendom, regte en lisensie:
Alle inhoud van hierdie webblad, insluitende, maar nie beperk tot die inhoud, data, afbeeldings, sagteware, kopie, grafiese uitbeeldings, databasis, uitleg en ontwerp is die eiendom van marulaweb.co.za en word gevolglik beskerm deur plaaslike en internasionale reg. Alle regte wat nie spesifiek toegestaan word nie word voorbehou. Die intelektuele regte ten opsige van alle inhoud, inligting en dienste behoort aan marulaweb.co.za en geen reg word aan die gebruiker oorgedra nie. Die inhoud van hierdie webblad, insluitende, maar nie beperk tot die inhoud, data, afbeeldings, sagteware, kopie, grafiese uitbeeldings, databasis, uitleg en ontwerp mag gebruik word deur die gebruiker, maar slegs nadat skriftelike toestemming daartoe gegee is.
Handelsmerke en of Geregistreerde name en ontwerpe van ander partye wat op hierdie webblad mag verskyn is steeds die eiendom van die regmatige eienaars.
Veranderinge aan hierdie webblad:
marulaweb.co.za behou die reg voor om te enige tyd inligting of voorwaardes in hierdie webblad te verander, te verbeter, aan te pas en/of te verwyder sonder enige vooraf kennisgewing.
Skakels na hierdie webblad:
Skakels na hierdie webblad deur enige persoon, besigheid of instansie word verwelkom maar slegs met die skriftelike toestemming van marulaweb.co.za
Hoewel dit net gaan oor spasie wat gehuur word iewers op 'n rekenaar, is daar belangrike punte wat ons moet aanraak.
Inhoud van webblad:
Jy is vry om feitlik enigiets op jou webblad te plaas. Die volgende word nie toegelaat nie:
- enigiets wat van pornografiese aard is
- enigeiets wat in ons opinie, en slegs ons opinie, beskou kan word as onvanpas, rasisties, onverdraagsaam, afbrekend, uitdagend of wat as haatspraak beskou kan word
- stoor van of insluit van skakels wat wys na inhoud wat inbreuk maak op die intilektuele eiendom en/of regte van ander soos byvoorbeeld handelsmerke patenteregte of kopiereg
Uptime en/of Downtime:
(Of hoelank jou webwerf van lyn af gaan wees.) 'n Server is net nog 'n rekenaar. En rekenaars, soos ons weet, gaan staan soms. Die hosting diensverskaffers het verskeie persele waar duplikate van alle webtuistes gehou word. As een stelsel gaan staan sal die volgende een outomaties beskikbaar wees. Op die manier behoort jou webtuiste permanent lewendig gehou word. Die diensverskaffers waarborg nie dat diens beskikbaar sal wees as gevolg van een van die volgende nie:
- natuurrampe
- optiese vesel toevoerlyne wat beskadig word
- Registrasie probleme met jou domain naam
Data Integriteit:
Jy is uiteindelik self verantwoordelik vir die data op jou webwerf. Hosting diensverskaffers hou wel backups van jou data. Daar is egter geen waarborg dat die backup wat hulle het die nuutste weergawe van jou webwerf is nie. Indien ons die webwerf gemaak het hou ons wel 'n backup weg van die server. Indien jy ook 'n addisionele backup wil stoor moet jy net daarvoor vra.
SPAM en Ongevraagde kommersiële e-pos:
Niemand van ons hou van SPAM en/of Ongevraagde kommersiële e-posse nie. Netso met die Hosting diensverskaffers wat 'n baie streng beleid volg in hul benadering tot die uitstuur van Ongevraagde kommersiële e-pos of SPAM deur hulle rekenaars of netwerke. Indien sodanige praktyke deur u webwerf gedoen word, sal die diensverskaffer waarskynlik die diens aan u webwerf onmiddelik opskort.
Kansellasie:
Jy mag die hosting te enige tyd kanselleer met 30 dae skriftelike kennisgewing waarna ek 'n pro-rata terugbetaling sal maak van die fooi, met 'n maksimum van 50% van die oorspronklike fooi.
In die onwaarskynlike geval waar
- die webwerf misbruik word
- onbehoorlike inhoud op die webblad geplaas word
- SPAM of Ongevraagde kommersiële e-pos deur jou webblad versprei word
behou ons die reg voor om die diens sonder terugbetaling van fooie op te skort.
Oor Misbruik:
Indien jy sou bewus wees van die misbruik van of deur jou webblad, is jy welkom om dit, met volle besonderhede hier te rapporteer: abuse @ marulaweb.co.za
Tensy spesifiek skriftelik ooreengekom, is die volgende betalings voorwaardes van toepassing vir die diens wat ek lewer:
Domein registrasie, en Hosting:
Hierdie is diens wat ons namens jou van buite kontrakteurs aankoop. Ons betaling aan hulle is streng jaarliks vooruit, en vir dieselfde rede faktureer ons ook jaarliks vooruit. Indien betaling ons nie bereik in goeie tyd nie, is daar die moontlikheid van addisionele koste en kan die diens opgeskort of selfs gekanselleer word.
Webblad ontwerp en ontwikkeling:
Hierdie is betaling vir ons tyd en kennis. Normaal vereis ons betaling van 'n deposito van minstens 50% van die gekwoteerde prys. Werk aan die webblad begin daarna, of sodra alle inligting ontvang is. Die balans is betaalbaar by bevredigde voltooiing van die webblad, of 60 dae na betaling van deposito, wat ook al eerste is.
Bystands ooreenkoms:
Hierdie is ook 'n jaarlikse betaling, betaalbaar op faktuur. Uitstaande betalings mag lei tot 'n vertraging in dienslewering.
Hoe betaling gemaak word:
Vir beide plaaslike en internasionale betalings word 'n aanlyn betaal fasiliteit beskikbaar gemaak, besonderhede waarvan op die faktuur aangedui word. Betaling kan gemaak word per Debietkaart, Kedietkaart of per EFT.
Alle betalings hierbo genoem word jaarliks vooruit gemaak.
Maandelikse betalings:
Indien ons by uitsondering, en op jou versoek, sou instem dat betalings maandeliks gemaak word, is die volgende van toepassing:
Maandelikse betalings kan gedoen word ten opsigte van die koste van Domein registrasie en Hosting alleen. Hierdie betaal opsie is nie beskikbaar ten opsigte van die koste van Webblad ontwerp en ontwikkeling nie.
'n Nominale hanteringsfooi, om addisionele koste te verhaal, sal gehef word. Geen rente word gehef nie.
Maandelikse betalings kan teen Krediet of Lopende rekening Debiet kaarte gemaak word. Ons maak gebruik van 'n Payfast fasiliteit wat betalings op 'n maandelikse basis van die betrokke kaart sal hef in gelyke paaiemente.
Indien 'n maandelikse betaling nie ontvang word nie, sal die betaling, plus die verhalingskoste, binne 7 dae betaalbaar wees. Indien die betaling nie binne die 7 dae termyn gemaak word nie, kan ons die diens tydelik opskort.
Indien 'n maandelikse betaling ook by 'n tweede geleentheid nie ontvang word nie, sal die balans van die jaarlikse koste, plus die koste van verhaling, binne 7 dae betaalbaar wees. Indien sodanige betaling nie ten volle vereffen is binne die 7 dae periode nie, kan die diens gestaak word.
Uit die aard van jou besigheid, is dit soms nodig om sekere inligting op 'n webblad gereeld aan te pas. In sulke gevalle kom ons ooreen om die veranderinge aan te bring wanneer nodig, en hef ons 'n jaarlikse fooi - normaal teen 'n korting op die koste van individuele veranderinge.
Die volgende is normaalweg ingesluit by die ooreenkoms:
Die volgende word nie gedek deur die ooreenkoms nie en sal 'n addisionele betaling tot gevolg hê
GEEN Kunsmatige Intelligensie (AI) is gebruik met die maak van hierdie webblad nie. Alles in hierdie webblad is eg en outentiek marulaweb.co.za